Update
GEORGE NUUS - Die man (22) wat in Mei 2024 vir die verkragting en moord op Geonique Pieterse (16) van Protea Park gearresteer is, is vroeër vandag, Woensdag 12 Maar, in die Thembalethu-streekhof gevonnis.
Joshwin Baartman is altesaam tot 33 jaar gevonnis vir inbraak, en die moord en verkragting van Pieterse.
Pietese was bekend aan die Baatman. Haar liggaam is op Sondagoggend, 28 April 2024, deur haar jong broer en neef op haar bed in haar ouers se huis in Parkstraat gevind. Die polisie is omstreeks 11:00 na die toneel geroep.
Daar was tekens van 'n struweling, maar Geonique het geen duidelike wonde opgedoen nie.
Klik hier vir vorige artikels.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’