TUINROETE NUUS - Die Tuinroete se totale aantal aangemelde Covid-19-gevalle staan tans op 72 (George 21, Oudtshoorn 18, Mosselbaai 14, Knysna 8, Bitou 4, Kannaland 4 en Hessequa 3).
Nadia Ferreira, gesondheidswoordvoerder vir die distrik, sê meer as 1 000 mense het opgedaag vir inenting gedurende die afgelope Vooma-inentingsnaweek.
Dit was 'n welkome hupstoot om die doelwit te bereik om 85% van die bevolking van ouer as 50 jaar in te ent. Tans is 65% van dié deel van die bevolking ten volle ingeënt.
"Ons tweede doelwit is om ten minste een dosis toe te dien aan 65% van inwoners van 18 tot 49 jaar. Dié syfer staan op die oomblik op 50%," sê sy. "Die Tuinroete het tot op datum 335 685 entstofdosisse toegedien en ons bedank almal wat tyd afgestaan het om hulle te laat inent."
Sy herinner lesers weer daaraan dat navorsing in die Wes-Kaap toon dat persone oor 50 'n 7,5 keer hoër risiko het om ernstige Covid-19 op te doen. 'n Persoon wat ten volle ingeënt is, se kanse om te sterf weens Covid is 4,3 keer minder as 'n oningeënte persoon.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'