SAKE NUUS - Nog belangriker as enige van die vreugdevolle oomblikke van 'n huwelikseremonie, is die paartjie se keuse van huweliksgoederebedeling.
Dit bepaal onder andere wat gebeur met bates en laste wat voor en tydens die huwelik bymekaargemaak is, asook wat by die beëindiging van die huwelik daarmee gebeur.
Maak 'n afspraak met 'n kundige prokureur voor die sluiting van jou huwelik om elkeen van die huweliksgoederebedelings met hom/haar te bespreek.
Die wetgewer het die onveranderlikheids-beginsel in die Wet op Huweliksgoedere verslap deur verskeie maniere te skep waarop 'n huweliksgoederebedeling na sluiting van die huwelik verander kan word.
Kortliks word die volgende uitgelig:
Artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere bepaal dat die gades 'n voorgestelde nuwe huweliksgoederebedeling in 'n notariële kontrak moet omskryf en gesamentlik by die hoë hof aansoek moet doen vir die wysiging van hulle bestaande huweliksgoederebedeling.
Die hof sal die nuwe bedeling slegs goedkeur as daar:
1) grondige rede is;
2) aan alle skuldeisers kennis gegee is;
3) geen ander persoon deur die wysiging benadeel word nie.
Dit is ook moontlik om te skei en weer te trou. Die beëindiging van 'n huwelik deur egskeiding sal ook die huweliksgoederebedeling beëindig. In die geval sal u getuienis onder eed moet aflê rakende die verbrokkeling van die huwelik.
Vir meer inligting, besoek www.rgprok.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'