Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Half deur die slaap stamp ek my kleintoontjie teen die bed se poot, die pyn is ingrypend en vir die eerste keer in 'n baie lang tyd gee ek die kleinste lid van die liggaam 'n drukkie. Dit is asof in daardie oomblik die kleintoontjie vir my huilerig sê: “Waar was jy al hierdie tyd? versorg my!”
Ons voete is heel moontlik die mees nederigste deel van ons liggaam, hulle dra ons elke dag, word op neergekyk, in die grond rondgeploeter en tog is hulle 'n fondasie waarmee ons vanselfsprekend die stappe in die lewe neem.
Plantar Fasciitis, wat is dit en hoekom is dit relevant in ons huidige inperkingsituasie?
Meeste van ons was redelik onaktief gedurende die inperking en nou met minder streng maatreëls en die lente hier, word ons aangemoedig om in meer aktiwiteite deel te neem.
'n Tydperk van onaktiwiteit, gevolg deur baie aktiwiteit is ‘n resep vir beserings, tendinitis en toestande soos Plantar Fasciitis.
Die Plantar Fascia is 'n veselagtige weefsel wat ons hak met ons tone verbind. Wanneer ons dyspiere en kuitspiere styf is en ons plaas die voet onder spanning, soos met hardloop, is dit gewoonlik die kleiner Plantar Fascia wat beseer word in die proses. Die tipiese simptome is hakpyn en pyn in die brug van die voet, veral vroeg in die oggend wanneer ons ons eerste treetjies gee.
Die toestand kan maande of langer vat om te genees.
Hoe om die regte binnesool te kies.
Hoe voorkom ons dit?
Dit is belangrik om die regte strekoefeninge te doen, gepaste skoene te dra met 'n rigiede mid-sool en om geleidelik die aktiwiteit op te bou in plaas van “te vinnig te veel”. 'n Mediese ortotis kan 'n evaluering doen om te kyk na abnormale belyning van die liggaam wat bydra tot probleme soos hierdie.
Hoe word dit behandel?
Dit is belangrik om enige toestand multi-dissiplinêr te hanteer. 'n Dokter, fisioterapeut, biokinetikus en ortotis kan dit as 'n span aanspreek deur dit korrek te diagnoseer en dan 'n gepaste rehabilitasieprogram uit te werk.
In die geval van Plantar Fasciitis sal die ortotis pasgemaakte binnesole ontwerp, vervaardig en pas. Nagspalke mag ook gebruik word in die ortotika behandeling behandeling.
Afdrukke van die voete word geneem en met die kliniese beeld in gedagte word gips moeisaam gebeeldhou vir uniek-gevormde orthoses. Uitgesoekte en gepaste digtheidsmateriale word gebruik en dan aangebring vir die skoene.
Hierdie binnesole ondersteun die voet saggies in 'n meer neutrale posisie en bied verligting in probleemareas van die voet.
Vir navrae en afsprake skakel Johan le Grange by 064 736 0055.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'