Sponsored Content
GEORGE NUUS - Steve Hofmeyr is terug in sy gunsteling genre, met sy splinternuwe COUNTRY COLLECTION.
Na 3 nommer 1 treffers op sy 2018 platinum verkoper SKREE, is Hofmeyr weer gereed - om in sy kenmerkende, growwe bariton – hulde te bring aan die klassieke Countrymusiek van ons tyd.
Weereens is sommige van hierdie liedjies ietwat eienaardig vir kontreimusiek, maar dit was die idee!
Niemand kan Steve Hofmeyr nostalgie nadoen nie. “My Way”, “Dancing In The Dark” en selfs “Sometimes When We Touch” het die snitlys gemaak. “Amanda” kry beide die Don Williams-en Chris Stapleton-behandeling en “Lucille” is Neil Diamond-erig. Wanneer laas het jy liedjies van Bob Seger, Exile en die Bellamy Brothers gehoor. Facobook-volgers het gespreek vir The Ballad of the Green Beret, wat klink soos … wel, soos Steve.
‘Kan nie onthou wanneer ek laas daardie lied gehoor het nie, so hier kom dit!’, lag hy.
Na aanleiding van sy 201 Country CD, “If You Could Read My Mind”, bring Stever vir sy ondersteuners meer daarvan, vir ‘n rustige en reflektiewe, Retro-Country 2019.
Steve doen oudergewoonte sy 2-vertoning-kuier by die immergewilde BUSH LAPA in Heroldsbaai. So maak reg vir Donderdag 19 asook Vrydag 20 September. Kaartjies is direk by Herolds bay Resort beskikbaar deur hul te kontak by admin@heroldsbayresort.co.za of vir navrae 0448510113. Kaartjies se kostes beloop R120/R140/R160. Besoek ons ook op Facebook.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'