Advertorial Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO - SAIBA, die Southern Africa Institute for Business Accountants, het geskiedenis in die Suid-Kaap gemaak toe hulle op Maandag 27 Julie hulle eerste streekkantoor op Mosselbaai geopen het.
Voorheen was daar slegs 'n hoofkantoor in Johannesburg. Die liggaam, wat vrywillige lidmaatskap en talle voordele bied, bestaan uit sowat 8 000 lede landwyd. Die streekkantoor sal die Suid-Kaap bedien waar SAIBA reeds etlike lede het.
SAIBA se hoof- uitvoerende beampte, Nicolaas van Wyk, wat uit Gauteng gereis het om die geleentheid by te woon, het gesê dat die nasionale inperking vanweë Covid-19 opnuut die noodsaaklikheid van rekenmeesters bevestig het.
"Die dienste van rekenmeesters is in vlak 4 van die nasionale inperking reeds as 'n essensiële diens uitgewys. Ons wil opnuut werk aan unieke verhoudings met ons kliënte want hierdeur skep ons ‘n beter ekonomiese klimaat vir almal."
Van Wyk het gesê dat daar baie ekonomiese groei op die platteland in die vooruitsig is. "Dit is waarom ons na plattelandse streke uitreik. As ons as rekenmeesters meer effektief kan werk en selfs beter dienste kan lewer, kan ons die ekonomie help red."
Kyk 'n video hieronder.
SAIBA se streekkantoor is geleë in die Proctor-gebou, Kantoor 3, Marshstraat 27, Mosselbaai.
Vir meer inligting besoek www.saiba.org.za. E-pos: saiba@saiba.org.za
Hoof uitvoerende beampte van SAIBA, Nicolaas van Wyk (regs) en Johan van Wyk van Commercial Management Trust, waar die streekskantoor sal wees.
SAIBA-lede tydens die amptelike opening van die streekskantoor op Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'