Advertorial
SAKENUUS - Die kykNET Buite-Ekspo Suid-Kaap word vir die tweede keer vanaf 20 tot 22 September by ATKV Hartenbos aangebied. Dis dan ook die eerste naweek van die skoolvakansie en waar beter om hierdie geleentheid aan te bied as by die baie gewilde ATKV-oord Hartenbos.
Die kykNET Buite Ekspo-konsep word al sedert 2011 met groot sukses in Suid-Afrika aangebied, met 'n Limpopo weergawe by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela Bela, en ook een in die Wes-Kaap by Môreson-plaas net buite Malmesbury, waar daar alreeds 'n rekordopkoms van net meer as 22 000 besoekers was. Dit bly by verre een van die grootste buitelewe ekspo's van sy soort in SA.
Hartenbos het in 2023, ondanks gure weersomstandighede, meer as 10 000 besoekers gelok.
Hierdie geleentheid is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4x4-entoesias en die hele gesin is welkom. Dis 'n volwaardige buitelewe leefstyl ekspo en bestaan nie net uit buitelewe uitstallers wat die heel nuutste produkte op 'n baie unieke manier kom uitstal nie, maar daar is ook 'n komponent kindervermaak en ook 4x4-hindernisritte saam met die bekende Mnr. 4x4, André de Villiers en Mosselbaai Ford.
Hoewel hierdie nie 'n musiekfees is nie, tree daar ook puik Jimmy's Sauces kunstenaars op, soos onder andere Sone Joubert, Rooies, Blackie Swart, Desmond Wells, Johan Liebenberg, David Fourie, Riaan en Jo-mari, Rooiwyn Profeet en Posduif met Riaan Grobler wat die seremoniemeester is vir die naweek. Daar is ook besluit om ons eie DJ Boeman 'n geleentheid te bied om die besoekers na hartelus te laat sokkie-dans!
Splinternuut hierdie jaar is die Total Energies en Alert Engine Parts Agri Park-area waar landbou en relevante produkte uitgestal sal word. Buitelewe en landbou gaan hand aan hand met baie sinergie tussen die twee vandaar die toevoeging tot die geleentheid.
Mosselbaai-helikopters bied ook helikopterritte aan waar die pragtige kuslyn uit die lug waargeneem kan word. Bring daai kameras saam om dit vas te vang!
Jimmy's Steakhouse Sauces se aktivering sal plaasvind in die vorm van 'n build a burger-kompetisie waar die publiek dit kan kom uitspook met van die bekendes – iets om voorwaar nie te mis nie.
Daar is volop gekeurde kosverskaffers op die terrein met Castle Light kroeg- en biertuin fasiliteite, asook 'n 1659 Wines wyn-en kuiertuin. Maak seker jy besoek ook die Fines 4 U kuns-en snuffelmark waar daar slegs uitstallers van gekeurde produkte sal wees.
Vir die vyfde keer hierdie jaar bied Expo-sure in samewerking met Trio Events 'n kykNET Buite Ekspo Celeb-gholfdag aan by die gewilde en baie bekende Mosselbaai-golfbaan aan.
Dit vind op Woensdag 18 September plaas.
Kontak Elmien by 072 588 1127 of e-pos elmien@expo-sure.co.za om deel te neem of as borge betrokke te raak. Daar is beperkte geleenthede hier beskikbaar so GOU SPRING.
Besoek gerus www.ekspo.co.za vir meer inligting en om dagbesoekers kaartjies te koop deur TicketPro (ook beskikbaar by die hekke). Pryse is baie billik en wissel van R30 tot R100, afhangend van watter dag en tipe kaartjies gekoop word. Spesiale kamperingspakette (wat 'n eksponaweek toegangsfooi insluit), is ook beskikbaar vir die naweek teen uiters billike tariewe en kan bespreek word by Delmaine by delmainev@atkv.org.za.
Enige uitstallers navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of skakel haar direk op 072 487 0000.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’