Bülida PORK is een van Van Rensburgs Foods se vlagskip handelsmerke en spreek duidelik van die sorg waarmee daar met die produk omgegaan word en die waarborg dat die kwaliteit van die produk keer op keer dieselfde bly.
Van Rensburg Boerdery bedryf al vanaf 1973 'n suksesvolle varkboerdery op die plaas Bülida, net buite George. Vandaar die naam Büllida PORK (Bülida verwys na 'n appelkoosboom variëteit en word uitgespreek as Boe-lie-da). Jare se ondervinding en kundigheid word deesdae op Bülida ingespan om onder optimale omstandighede plaaslik smaaklike, veilige vleis te produseer, prosesseer en te verwerk. Moderne, ekovriendelike boerderymetodes word gebruik en die prosesseringsfasiliteit op Bülida word as een van die mees moderne eenhede in die land beskou.
Streng veiligheidsmaatreëls geld en onafhanklike vleisinspeksies word gedoen om 'n 100% veilige produk te lewer. 'n Ten volle gekwalifiseerde Fleischer Meister ontwikkel met groot toewyding verder al die heerlike produkte wat baie bekostigbaar aan die verbruikers van George gebied word. Dit is voorwaar 'n voorreg om sulke uitmuntende kwaliteit vars varkvleis vanaf 'n plaas net buite George beskikbaar te hê – en dit teen 'n uiters billike prys!
Die verbruikers in George word verder be-derf met die uitgebreide keuse van smaaklike vars Bülida produkte wat jou gewone snitte, asook die volgende insluit:
- Afgerande gesondheidssnitte
- Liplekker buitelug braaiprodukte
- 'n Groot verskeidenheid gerookte produkte en kouevleise
- Ideaal-vir-onthaal snitte
Voeg daarby die feit dat varkvleis 'n uitstekende bron van volledige proteïene is en aanvaar word as 'n voedingsryke kossoort moet Bülida PORK oorweeg word as deel van jou gesonde eetplan – jy sal gou saamstem … mens kry goed, beter en dan kry mens Bülida PORK!
Van Rensburgs Foods is tans besig met 'n uitgebreide reklameveldtog rondom Bülida
PORK en verbruikers kan eersdaags produkinligting, resepteboekies, afslagaanbiedings, raad, wenke asook proehappies in die winkel verwag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'