Advertorial
GEORGE BESIGHEIDSNUUS - Die bekende en gevestigde prokureurs-firma in George, Cilliers Odendaal, spog vanaf 22 November met 'n blinknuwe voorkoms en naam.
Die vanne van die twee vennote, Eckert Brand en Abrie van der Bergh, wat al 18 jaar as vennote 'n gedugte span vorm, is ingespan om Brand & Van der Bergh Prokureurs te vorm.
Hul nuwe voorkoms en korporatiewe identiteit is op luisterryke wyse tydens 'n skemerkelkonthaal by hul kantore in Cradockstraat, George bekendgestel en gevier.
Die vier prokureurs wat die leisels vashou by Brand & Van der Bergh Prokureurs, is van links, Michelle Orlandi, Eckert Brand, Abrie van der Bergh en Deseré Barnard.
"Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus."