Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Norgarivier-kwekery in George het vanjaar weer Die Burger se titel van Leserskeuse vir Topkwekery in die Suid-Kaap en algehele derde plek in die Wes-Kaap verower.
Hierdie pragtige familiekwekery met sy plaasatmosfeer word deur Hennie Koch, skoonseun Morné Lochner en dogter Alet Koch-Lochner bedryf. Norga het oor 18 jaar gegroei van 'n piepklein kwekery tot 'n 4-hektaar verkoopsvloer.
Op 77 jaar is Hennie Koch nog aktief besig met Norga se finansies, terwyl Morné, veral bekend is vir sy plantkennis en hy skakel meer met die publiek. Die kwekery se vloer, uitstallings en produksie word weer deur Alet bestuur en die vrouehand kan beslis gesien word.
"Ons glo ons sukses en gewildheid is ons vriendelike vroueverkoopspan wat ons klante bedien, dat daar altyd 'n eienaar of kundige naby is vir raad en natuurlik ons pragtige verkoopsvloer en verskeidenheid," sê Alet.
"Ons kweek meer as 95% van ons plante self en is bekend vir ons reuse-verskeidenheid topkwaliteit, kleur, geharde plante en natuurlik, ons groothandelpryse direk aan die publiek. Ons bly by met die nuutste plantvariëteite en klante kry altyd iets nuuts op ons vloer. Ons het 'n unieke lojaliteitsafslagkaart, altyd spesiale aanbiedinge en ons plante begin by so goedkoop as R5."
Norga verskaf plante aan die publiek, landskappeerders, kleiner kwekerye, asook verskeie landgoedere en gholflandgoedere in die Suid-Kaap.
"Ons was geseënd om selfs in die grendeltyd te kon uitbrei en spog met 'n splinternuwe "Potting Shed" propvol tuinimplemente, plastiekpotte en nuwe ingevoerde produkte," sê Alet.
Norga het die grootste hoeveelheid en verskeidenheid ingevoerde geglasuurde terracottapotte in die Suid-Kaap, en hou ook sementpotte, Italiaanse potte en wynvatte aan, asook ander ornamentele gietyster en houtprodukte vir tuinverfraaiing.
Hulle bedryf verskillende groei-afdelings waarvan hul kruie, groente en bessieproduksieafdelings (bloubessies) en vrugtebome topverkopers is. Daar is tans meer as 120 lyne kruie vir kook asook medisinale gebruik, 59 soorte vrugtebome en hulle spesialiseer in vrugtebome, olywe en sitrus wat suksesvol in die omgewing groei.
Hulle komposafdeling het vanjaar ook geweldig uitgebrei en is hul organiese komposmengsels is hul gewildste verkoper.
Met meer as 900 plantlyne op hul verkoopsvloer is hulle verskeidenheid en kleur geweldig wyd. "Klante se grootste uitdaging is deesdae om te besluit wat om te koop," sê Alet.
"Norga bedank graag al hul lojale klante dat hulle vir ons gestem het en weer die wenner in die Suid-Kaap gemaak het. Ons dra ons titel met trots. Na 17 jaar se harde werk en seëninge is ons nou mededingend met groot kettinggroepe en nasionale maatskappye en word ons saam met hulle gereken.
"Ons almal by Norga is baie trots en opgewonde oor hierdie toekenning en sê net graag dankie vir al ons klante wat ons so ondersteun," sê Hennie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'