Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Norgarivier Kwekery spog deesdae met hul nuwe titel van Die Burger se leserskeuse vir topkwekery in die Suid-Kaap en algehele derde plek in die Wes-Kaap.
Hierdie pragtige familiekwekery met sy plaasatmosfeer word deur Hennie Koch, sy skoonseun Morné Lochner en dogter Alet Koch-Lochner bedryf. Norga het oor 17 jaar gegroei van 'n piepklein kwekery tot 'n topkwekery met 'n 4 hektaar-verkoopsvloer!
"Ons kweek meer as 90% van ons plante self en is bekend vir ons reuse-verskeidenheid topkwaliteit, geharde plante en natuurlik, ons groothandelpryse direk aan die publiek. Daar is plante vanaf R5 beskikbaar," sê Hennie.
Norgarivier Kwekery het die afgelope jaar geweldig uitgebrei en het tans die grootste inheemse plant-groothandelafdeling in die Suid-Kaap. "Ons kruie- en groenteafdeling het meer as 120 lyne kruie, vir kook asook medisinale gebruik. Ons voorsien en kweek plante vir die publiek, landskappeerders, ander kleiner kwekerye asook verskeie landgoedere in die Suid-Kaap en tot in Kaapstad."
Met meer as 900 plantelyne op hul verkoopsvloer is hulle verskeidenheid geweldig wyd en is kliënte se grootste uitdaging deesdae net om te besluit wat om te koop. Norga spog ook met die wydste verskeidenheid ingevoerde terracotta- en geglasuurde potte in die Suid-Kaap, asook sement- en Italiaanse potte, wynvatte, ornamentele gietyster en houtprodukte vir tuinverfraaiing.
"Ons glo ons sukses en gewildheid is te danke daaraan dat ons as eienaars self in die kwekery op die vloer is, ons fantastiese vroueverkoopspan, en dat daar altyd 'n kundige naby is vir raad," sê Hennie.
Hennie is op 76 jaar nog aktief besig met die besigheid se finansies en produksie, terwyl Morné weer bekend is vir sy plantkennis, kundigheid en meer werk met die publiek. Die kwekery se vloer en uitstallings word weer deur Alet bestuur en die vrouehand kan beslis gesien word.
"Dankie vir al ons klante wat ons so ondersteun en vir ons gestem het," sê Hennie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'