Advertorial
GEORGE NUUS - By Laerskool George-Suid begin die pad na akademiese sukses reeds in graad 1 met 'n doelbewuste fokus op breindominansie.
Die skool maak reeds die afgelope paar jaar gebruik van die DiscoverMe-platform om elke gr. 1-leerder se genetiese breinprofiel professioneel te evalueer.
Die doel is om elke kind se unieke manier van hoor, sien en inligting verwerk beter te verstaan. Die resultate word prakties toegepas in klasuitleg en onderrigmetodiek.
Leerders word so geposisioneer dat hul dominante oog- en oorvoorkeure optimaal ondersteun word, wat konsentrasie, begrip en deelname bevorder.
Die evaluering is daarop gemik om elke leerder se individuele potensiaal te ontsluit. Wanneer 'n leerder in 'n omgewing geplaas word wat sy of haar breinsamestelling ondersteun, verminder frustrasie en neem selfvertroue toe.
Die voordele strek verder as die klaskamer. In sport en buitemuurse aktiwiteite kan insig in 'n leerder se dominante kant ook bydra tot beter koördinasie, reaksietyd en ruimtelike bewustheid.
Ouers ontvang waardevolle terugvoer wat hulle help om hul kind ook tuis beter te ondersteun, terwyl onderwysers praktiese riglyne kry om onderrig meer doelgerig aan te pas.
Met hierdie benadering bevestig Laerskool George-Suid sy verbintenis tot uitnemende onderrig - met die fokus op die individuele kind en die ontwikkeling van elke leerder se volle potensiaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’