Nadat hy agt jaar oorsee was het hy besluit om Oudtshoorn weer sy tuiste te maak. Johan het ondervinding in die verfbedryf in Engeland opgedoen. Sy nuwe besigheid, NEW LOOK doen allerhande verf- en herstelwerk, wat huise en dakke en palissade insluit. Dakke word eers goed afgeskuur en afgespuit en dan geseël en geverf.
Huise word ook sorgvuldig voorberei voordat daar met verfwerk begin word. Ou verf word eers goed afgekrap en geskuur voordat gate en barste gevul word. NEW LOOK behandel ook geboue met 'damp sealer' vir nattigheid.
Nadat alle voorbereidings getref is en klammigheid behandel is, word die huis geverf. 'NEW LOOK' gebruik net die beste kwaliteit verf en spits hulle daarop toe om goeie diens met goeie kwaliteit werk te kombineer. 'NEW LOOK' se voorman, Quinton Olkers met 22 jaar ondervinding as 'n verwer, word bygestaan deur Godfrey en Ricardo wat saam byna 40 jaar se verfondervinding opgedoen het.
Behalwe verfwerk beskik NEW LOOK ook oor die vaardighede om teëlwerk en kleiner bouwerk te doen. NEW LOOK sal jou huis verander in die splinternuwe woonplek waarvan almal droom. Johan waarborg goeie kwaliteit diens en kwoteer gratis. Pryse is bekostigbaar.
"Komaan, laat ek jou huis omskep in die woonplek waarvan jy lankal droom!" nooi Johan.
Kontak NEW LOOK by 083 895 0019.

Die splinternuwe voorkoms van die huis nadat NEW LOOK dit onder hande gehad het.