BUSINESS NEWS - Met groot trots en dankbaarheid deel ons dat Klouterwoud pas aangewys is as die Best of George 2025 – drie jaar in ’n ry George se gunsteling!
Hierdie besonderse eer bevestig wat ons elke dag beleef: Klouterwoud is nie net ’n kleuterskool nie, dit is ’n liefdevolle hartklop.
Wat maak Klouterwoud só besonders? Dis eenvoudig: ons kinders word met liefde grootgemaak. Ons glo vas dat elke kind uniek geskape is en op sorg, liefde en aanmoediging floreer.
Gegrond op Christelike waardes, word kinders nie net akademies en sosiaal ondersteun nie, maar ook geestelik gevoed met waardes soos respek, deernis, dankbaarheid en geloof wat daagliks beleef en geleef word.
Ons roep met trots uit: Klein hartjies, groot drome! By Klouterwoud word leer speels en pret gemaak.
Deur kreatiwiteit, natuur, musiek en beweging ontwikkel kinders teen hul eie tempo in ’n veilige en stimulerende omgewing. Van ons babaklas tot Graad RR - elke kind se unieke reis word gekoester.
Ons sê vandag: Dankie! Dankie aan elke ouer, ouma, oupa, vriend en ondersteuner wat hul stem gegee het. Hierdie toekenning is ’n weerspieëling van julle vertroue in ons roeping.
Kom beleef self wat Klouterwoud so besonders maak. Besoek ons gerus by www.klouterwoud.co.za maak ’n afspraak en kom beleef liefde en leer wat hand aan hand gaan.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’