Advertorial
GEORGE NUUS - Die lang wag is verby! Ná twee jaar se inperking kan musiekhonger aanhangers in George regmaak vir gehalte musiek en 'n topklas-konsert met Herlaai, 'n landwye konsertreeks wat spog met name soos Spoegwolf, Elandré, Refentse en Bok van Blerk.
Dié kunstenaars gaan 'n verhoog deel in 'n monstervertoning van vyf ure. En die beste? Die kunstenaars kom na jou toe! Die eerste twee konserte Pretoria en Paarl is reeds afgehandel.
Op 8 Oktober word konsert gehou in Alberton en 15 Oktober in George.
Herlaai se slagspreuk, Jou Adrenalien Aangevuur, Jou Provinsie, Jou Taal, Jou Konsert, som presies op wat dié vertoning anders maak.
Hulle bring die konsert na die mense, met vier konserte in Gauteng en die Wes-Kaap, en moontlike uitbreiding na ander provinsies in 2023.
Jou Mense, Jou Dorp, Jou Musiek.
"Ons wil Herlaai 'n jaarlikse instelling maak," sê direkteur en uitvoerende vervaardiger Rex van Deventer, "en die moontlikheid bestaan dat 2023 nog groter en beter gaan wees".
Meer besonderhede kan op die Herlaai se webtuiste www.herlaai.co.za gevind word.
George moet gou spring om kaartjies vir Herlaai 2022 te kry! 'n Gedeelte van die opbrengs gaan aan die President Kruger-kinderhuis in Pretoria geskenk word. Volg Herlaai op Facebook, Instagram, TikTok en Twitter vir die jongste nuus.
Kaartjies
Kaartjies vir die George konsert is nou beskikbaar by www.herlaai.co.za
- Volwassenes: R150
- 12 tot 17 jaar oud: R75
- Kinders onder 12: Gratis
Vir enige navrae kontak rex@herlaai.co.za
Sien jou by Herlaai 2022 … 15 Oktober by Outeniquapark. Hekke maak 14:00 oop en konsert begin om 17:00. Kaartjies sal ook by die hek beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'