'n Mens raak sommer begeesterd met die vele vars vleissnitte op Van Rensburgs Foods se rakke wat dit moontlik maak om stomende bredies, warm kerriekos, heilsame oondbraaistukke en ander koesterkos met gemak te kan voorsit.
Daar is liplekker Bülida LAM stowesnitte waarmee bredies en kerries opgetower kan word.
'n Heerlike oondgebraaide lamsboud of 'n oondgebraaide ribbetjie is in die wintermaande ook nie te versmaai nie 'n Paar aartappels en warm groente daarby en jy sit aan vir 'n koningsmaal. Onthou ook dat Bülida kwart spesiale lamspakke nou elke Dinsdag teen 'n ongelooflike R55,95 kg aangebied word.
Behalwe vir die handige Bülida vark-vleispakke is daar blokkiesvleis vir 'n heerlike, romerige goulash en selfs kerrie-varkvleisblokkies waarby jy net 'n blikkie tamaties voeg vir 'n besonder geurige pot kerrie! Oondbraaistukke sluit Boston Butt, ontbeende varknekke en -boude, asook oondbraai-bladstukke in. Daar is niks so vertroostend in die winter as die geur van 'n oondbraaistuk wat die kombuis vul nie en ek hoor al hoe daar gevra word: "Hoe lank nog voor ons eet?"
Bülida Pork is alreeds bewys as 'n gunsteling handelsmerk en bied soveel lekker, bekostigbare opsies, veral as mens in ag neem dat sekere Bülida PORK produkte nou teen 'n spesiale prys aangebied word!
Sopvleis, bees-goulash en potbraai bees-vleissnitte (o.a. silverside) is ook hier te vinde. Kyk gerus in die rak langs die sappige steaks! 'n Mens kan kwalik die wintermaande voorstel sonder 'n ou veelsydige staatmaker: Maalvleis is ideal vir daardie smaaklike bobotie, 'n bak vol lekker lasagne of 'n heilsame herderspastei en onthou: Maandae is maalvleis hier teen 'n spesiale prys beskikbaar.
Winter is ook rugbytyd en wie kan nou sy gunsteling span ondersteun sonder 'n lekker stuk biltong? Beesbiltong, wildsbiltong, droëwors en nou selfs Bülida PORK snoephappies is altyd beskikbaar en ook daar bied Van Rensburgs Foods u die opsie om tydens Woensdae se Markdag te bespaar – biltong word dan teen 'n verminderde prys aangebied!
Vir 'n geurige, warm werksmiddag-ete kan jy jouself onder andere bederf met 'n heerlike lamsbredie of Basie se smaaklike kerrie-afval vanuit die kombuiskosafdeling. En as die tyd jou inhaal kan jy namiddag gou inloer en huis toe gaan met 'n bak vol klaargaar bederfkos vir jou gesin. Die hoenderpastei is veral 'n groot gunsteling by die verbruikers!
Soos die Engelsman sal sê: Bring it on – want Van Rensburgs Foods se smullekker, veilige vleis sal sommer gou-gou klaarspeel met die winterkoue! Smaaklike ete!
*Verskeie winterkos-resepte is gratis in die winkel beskikbaar.

Heerlike vleis vir talle geregte en nog veel meer is by Van Rensburgs Foods in George beskikbaar. Jy kan dit selfs klaargemaak koop! Varkribbetjie is altyd 'n wenner.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'