Advertorial
MOTOR NUUS - 'n Man met byna 40 jaar kennis van die motorbedryf, ploeg nou sy ervaring terug by 'n nuwe onderneming, Hi-Q George. Naas le Roux is die eienaar van die onderneming, wat onlangs sy deure in Courtenaystraat by die Shell-garage geopen het.
Hi-Q George verskaf 'n wye reeks dienste.
Dit sluit in die vervanging en verkoop van bande, wielbalansering, wielsporing, die nagaan en vervanging van skokbrekers, remme en batterye.
Naas was elf jaar, tot in Desember verlede jaar, aan die stuur van 'n soortgelyke onderneming in Pretoria. Hy het sy belang verkoop en vroeër vanjaar het hy en sy eggenote, Estelle, na die Suid-Kaap verhuis. "Ek is betrokke by bote en dit was tyd om nader aan die see te kom."
Naas se passie is bande met verwante produkte. Hy het besluit om sy kennis terug te ploeg deur die opening van 'n nuwe Hi-Q om topgehalte-produkte en diens te lewer.
Naas en Estelle het niemand in George geken nie en moes self die bal aan die rol sit vir die nuwe onderneming.
Volgens Naas lewer die onderneming 'n noodsaaklike diens deur padvaardige voertuie te help verseker. Bande, remme en skokbrekers, wat in 'n goeie toestand is, is 'n baie belangrike deel van 'n veilige voertuig.
Die uitgangspunt by die onderneming is om goeie waarde vir geld te bied. Ofskoon die onderneming produkte verkoop, bly die hoogste prioriteit hul diens.
Goeie diens is nie onderhandelbaar nie. "My benadering is dat ek net een kans gegee word om 'n eerste indruk te maak."
'n Gedugte span: Naas le Roux (links) eienaar van Hi-Q George en sy vrou, Estelle, wat hom in die onderneming bystaan. Foto: Eugene Gunning
Naas le Roux (heel regs) eienaar van Hi-Q George saam met personeel wat vir die onderneming werk. Foto: Eugene Gunning
'n Langtermynverhouding met kliënte is vir Naas belangrik. Enigiemand moet vry voel om by die onderneming aan te klop vir advies. Heerlike warm koffie kan geniet word en internetgeriewe is ook beskikbaar by Courtenaystraat 29.
Belangstellendes kan Naas ook kontak by 082 553 7006 of per e-pos: naas@hiqgeorge.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'