Sponsored Content
SAKENUUS - Dit is ‘n nuwe jaar en ook ‘n geleentheid om jou ‘n huis ‘n splinternuwe laag verf te gee.
WeatherPrufe Paints en Elastocryl-waterdigting word reeds vir jare met groot sukses in die Tuinroete op plekke soos Fancourt, Kingswood, Oubaai, Pinnacle Point, Pezula en verskeie ander ontwikkelings soos Heuwelsrust en Karookraal aangewend. Duisende projekte is met groot sukses met hierdie uitstaande produkte voltooi.
WeatherPrufe Paints is 'n trots Suid-Afrikaanse verfmaatskappy wat spesialiseer in die vervaardiging van die heel beste verf en Elastocryl-waterdigtingsisteme met besparings van 30% tot 40% in vergelyking met die pryse van die groot maatskappye.
WeatherPrufe Paints het 'n nuwe spesialiteitsverf- en waterdigtingswinkel in George geopen.
Op oppervlaktes waar heelwat van die tradisionele waterdigtingsisteme nie die mas opgekom het nie, het WeatherPrufe Paints met hulle Elastocryl suiwer akriliese-sisteme met vol membraan, die top-sisteem geword vir die langdurige waterdigting van betondakke, parapet-mure en die areas om vensters.
Elastocryl word met die hand aangewend en verskaf ‘n optimale beskermingslaag wat son en waterbestand is en baie jare van uitstekende beskerming sal verskaf.
Verskeie van die beste bou- en verfkontrakteurs in die area gebruik reeds al jare lank met groot sukses die WeatherPrufe-produkte. Elastocryl word met groot sukses in die plek van "torch on"-waterdigting gebruik en kan selfs in visdamme aangewend word.
WeatherPrufe-verwe word spesifiek vir kustoestande vervaardig en verskaf die heel beste beskerming teen die elemente en vog.
Kontak hulle: (David 082 977 7802), (Mark 083 278 7898), (Andrew 071 129 1321) of die WeatherPrufe tak by 087 164 6086.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'