Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Met 150 uitstallers en die vrolikste atmosfeer in die hele Tuinroete is Ekliefkrismis-kersmark dié plek om te wees. Dié mark wat verlede jaar besoekers se tone laat omkrul het, is die hartsprojek van 'n ma- en dogterspan, Amanda en Lorinda van Dyk.
"Die gedagte het ontstaan uit ons hartklop vir die mooi dinge in die lewe, en omdat Kersfees in sy volle betekenis vir ons baie spesiaal is," sê Amanda.
"Ekliefkrismis is 'n platform vir entrepreneurs waar hulle hul besighede kan ontwikkel en laat groei. Terselfdertyd moet ons kuierfees 'n bymekaarkomplek wees vir familie en vriende. As ons fees boonop 'n impak kan hê op die liefdadigheidsprojekte vir wie ons uitstalruimte gee, sal ons beker oorloop."
Inwoners van die omgewing word hartlik uitgenooi om na hartelus te kom koop en kuier, en besoekende familie en vriende saam te bring vir 'n ordentlike dosis Tuinroete-gasvryheid.
Die uitgesoekte uitstallers kom van oor die land en sal die publiek se asem wegslaan met items wat nie in gewone winkels te kry is nie. Voeg daarby kos- en deli-stalletjies, musiek deur top plaaslike kunstenaars en hope vermaak vir die kleinspan en jy het 'n koop- en kuierfees waar elke besoeker meer as een draai sal wil maak.
Die mark is elke dag, behalwe Sondae, oop van 09:00 tot 18:00 tussen 12 en 22 Desember by Eden Place (Ou Rademachers-gebou).
'n Paar vermaaklikheidshoogtepunte van hierdie jaar se Kersmark sluit in:
11 Desember: Lof en Liggies-openingsaand. 'n Aand vol lofsang en Kersliggie-tonele. Deure open om 18:00 en die lofsangvertoning begin 20:00. R10 p.p.
15 Desember: Die 5 km Ekliefkrismis Dogwalk ter ondersteuning van die Tuinroete DBV. Registrasies vanaf 08:30. Die stap begin 09:00. R5 per poot / menslike voet. Wenners van die Ekliefkrismis-inkeurkompetisie word om 10:30 aangekondig.
22 Desember: Kersvader besoek al die kinders by Ekliefkrismis vanaf 10:00 tot 12:00.
Ekliefkrismis spog met kleurvolle stalletjies wat besoekers vir ure kan besig hou.
Die mark spog met verskeie items om van te kies en te keur.
Die uitgesoekte uitstallers kom van oor die land en sal die publiek se asem wegslaan met items wat nie in gewone winkels te kry is nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'