Advertorial Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Doxa Deo is 'n familie op missie! Doxa Deo is dus soveel meer as net die naam van 'n gemeente. In die betekenis van hierdie naam (wat vertaal word as "die heerlikheid van God"), word vervat wat die Here oor die hele aarde wil kom doen, en so ook hier in die Tuinroete.
Met hierdie belofte in Habakuk 2:14 dat, "Die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek," is Doxa Deo gereed om, saam met al die ander lewegewende gemeentes in George, 'n impak te maak en die stad te kom seën.
Ontstaan
Doxa Deo het sy ontstaan in die vroeë 90's in Pretoria gehad toe Alan Platt, die visioenêre leier, diep onder die oortuiging gekom het dat God hom nie net geloof vir 'n kerk gee nie, maar ook geloof vir 'n stad. Hierdie gewaarwording het verrykende gevolge gehad. Dit het beteken dat kerk nou nie meer net binne die vier mure van 'n gebou sou gebeur nie, maar dat die Goeie Nuus nou wel deur mense soos ek en jy in hul sfere van invloed ingeneem sou word.
Mense sou nou nie meer na 'n program toe kom nie, maar mense het die program geword.
Verskeie kampusse het ontstaan - nie net in Pretoria nie, maar regoor die land en ook in ander dele van die wêreld. En nou, in ons 27ste bestaansjaar, plant ons die 30ste kampus in George.
Kinders van alle ouderdomme sowel as tieners word bedien.
Doxa Deo George het reeds verlede jaar in sy kinderskoene begin met maandelikse dienste. Vennote (of lidmate), het hul talente en passie kom beskikbaar stel en sodoende "Familie op Missie" ware betekenis kom gee.
VIDEO: Doxa Deo George nooi jou uit
In Januarie het weeklikse dienste die lig gesien en is ons opgewonde om kinders van alle ouderdomme (Doxa Deo Kids) sowel as ons tieners (FUSION) te kan bedien.
Ons het ook onlangs skolewerkers (leiers wat ons kinders gedurende skoolure bedien) in sommige skole op George geplaas.
Jaco en Mariëtte Schutte van Doxa Deo George.
Welkom
Doxa Deo George se dienste vind weekliks om 09:00 by Glenwood House School plaas. (Let wel dat ons diens Sondag, 27 Februarie, om 08:30 sal plaasvind.)
Aangesien familie en fellowship vir ons 'n groot waarde is, kuier en drink ons koffie voor en na die diens. Ons wil jou hartlik uitnooi - as jy nog nie iewers by 'n geestelike familie ingeskakel is nie - kom kuier gerus saam met ons en kom geniet fantastiese worship (aanbidding) en die Woord saam.
Die amptelike bekendstelling vind op Sondag 13 Maart om 09:00 plaas. Save the date!
Dit beloof om 'n spesiale dag propvol monumentale oomblikke te wees waar ons onder andere seën oor ons stad, George, gaan uitspreek.
Jy word ook vriendelik uitgenooi om deel van hierdie geskiedkundige dag te kom wees. Gaan gerus na ons webtuiste vir meer inligting: https://www.doxadeo.org/george/
Voel ook vry om ons Facebook-blad te gaan "like": Doxa Deo George
Kom geniet fantastiese aanbidding en die Woord saam.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'