Sponsored Content Video
SAKENUUS EN VIDEO - Februarie is belastingmaand. Hier aan die einde van die belastingjaar kyk ons graag na 'n paar punte omtrent belastingbeplanning.
Mens moet onthou dat kapitaalgroei, ongeag in watter lewensfase jy is, beïnvloed word deur koste, insluitend die belasting waarvoor jy aanspreeklik is.
Of jy nou in die kategorie val waar jy 'n loopbaan het en nog bou aan jou aftreekapitaal, en of jy reeds afgetree is en ’n maandelikse pensioeninkomste ontvang – belastingbeplanning bly altyd belangrik. As jy al die verskillende beskikbare belastingaansporings benut, kan dit ’n groot verskil maak aan die aftreekapitaal wat jy by aftrede beskikbaar het, asook die bedrag wat jy ná aftrede as inkomste uit jou beskikbare aftreekapitaal kan ontvang.
Daar is twee tipes produkte waarna ons vandag wil kyk om te help met belastingbeplanning – die een is aftree-annuïteite en pensioenfondse, en die ander is belastingvrye spaarplanne.
Belastingvrye spaarplanne
Dit is die enigste produk waarop daar geen inkomstebelasting gehef word nie – dit beteken geen inkomstebelasting op rente of dividende nie, en geen kapitaalwinsbelasting op kapitaalgroei nie.
Daar is wel beperkings op hierdie belastingvriendelike belegging:
- ’n Individu kan net R36 000 per belastingjaar in die plan belê.
- Die maksimum bedrag wat ’n individu gedurende hul leeftyd kan bydra, is R500 000.
Weens hierdie beperkings moet mens ’n belastingvrye spaarplan slegs as ’n deel van jou totale finansiële beplanning beskou, want jy kan natuurlik nie alleenlik op hierdie produk staatmaak nie.
Om op te som, net 'n paar punte oor die belastingvrye spaarplan:
- Beskou dit as ’n langtermyn-spaarplan, en besef dat daar oor 10 jaar of langer bygedra moet word om die volle voordeel te benut.
- Beskou hierdie plan as 'n addisionele bron van aftreegeld om te help met beter groei voor aftrede en minder belasting voor en na aftrede.
- Maak seker die geld wat in die plan belê word, word reg bestuur oor tyd en in gepaste bateklasse belê om maksimum voordeel te trek. Indien jou kapitaal in so 'n plan byvoorbeeld net in kontant belê word, kry jy net die rentebelastingvoordeel. Daarom sal ons aanbeveel om die kapitaal in so 'n plan grotendeels in groei- en dividend-genererende bates te belê, en nie noodwendig in kontant nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die tweede produk wat ons wil bespreek, is pensioenfondse en aftree-annuïteite:
Soos belastingvrye spaarplanne, is pensioenfondse en aftree-annuïteite natuurlik ’n aansporingsmiddel om te help met belastingbeplanning en -besparing.
Gedurende ons werkslewe spaar ons vir en werk ons tot ’n dag en datum van aftrede (wat natuurlik nie altyd presies bepaal is nie).
Dit is belangrik om te onthou dat daar, soos in belastingvrye spaarplanne, geen kapitaalwins-, dividend- of rentebelasting in pensioenfondse en aftree-annuïteite is nie. Lopende marginale inkomstebelasting is wel deur die individu betaalbaar wanneer hulle eendag inkomste begin trek uit die annuïteitfondse. Verder laat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) individue toe om belastingaftrekkings ten opsigte van bydraes tot pensioenfondse of aftree-annuïteite te eis, teen 27.5% van belasbare inkomste of besoldiging, wat ook al die grootste is. Hierdie aftrekking word beperk tot ’n maksimum van R350 000 per jaar.
Mense se omstandighede is verskillend – afhangende van hul lewensfase, hoeveel afhanklikes hulle het, en hul finansiële posisie.
Die belangrikste punt is dat, ongeag mense se verskillende omstandighede, daar verskeie maniere is om oor tyd maksimum kapitaalgroei te kry en jou kapitaal te bewaar. Een so 'n manier is om seker te maak jy benut die beskikbare belastingaansporings ten volle, wat jou ook sal help om jou finansiële doelwitte te bereik.
Ons kantore langs die Tuinroete is:
PSG Mosselbaai Diaz
Sioux Gebou
16 Sioux Straat
Mosselbaai
PSG George Sentraal
Dynarc House, 2de Vloer,
31 Courtenay Straat
George
PSG Plettenbergbaai
7 Gibb Straat
Plettenbergbaai
PSG Knysna
Eenheid 1, Heads
View, Old Toll Pad,
Knysna
KANTOOR VAN DIE JAAR 2021
Die inligting in hierdie artikel is algemene inligting. Dit is nie finansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie en die maatskappye in die PSG Konsult Groep waarborg nie die geskiktheid of potensiële waarde daarvan nie. Aangesien individuele behoeftes en risikoprofiele verskil, stel ons voor dat jy jou gekwalifiseerde finansiële adviseur raadpleeg indien nodig. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n goedgekeurde finansiële diensverskaffer. RFD 728
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'