TUINROETE NUUS - In tye waar droogte en vleispryse druk plaas op die ekonomie van veeboerdery is dit belangrik dat die produsent op elke moontlike aspek van produksie so effektief moontlik bestuur om sy marges sover moontlik te lig.
Die departement van landbou bied 5 Maart 'n boeredag op die Outeniqua-navorsingsplaas aan waar die volgende aspekte van produksie aangeraak sal word:
- Die beginsels van waterverbruikdoeltreffendheid by verskillende weidings asook die jaarlikse wisseling in weidingsvoedingswaarde en tendense in speenkalfpryse.
Hierdie aspekte sal hanteer word deur prof. Robin Meeske en Ian Terblanche asook Janke van der Colf en Sigrun Amman, weidingsnavorsers van Outeniqua-navorsingsplaas:
- Estru-sinchronisering en KI in vleisbeeskuddes (dr. Bennie Grobler, veearts);
- Die gasspreker vir die dag is Johan Mouton, tegniese bestuurder van RCL Feeds/Molatek.
Hy sal inligting deurgee oor belangrike voedingsaspekte vir die uitgroei en oorwintering van vleisbeesverse om te verseker dat verse optimaal reproduktief in die kudde kan presteer;
- Johan sal ook aandag gee aan ekonomiese aspekte ten opsigte van voerkraalafronding van skape.
In die namiddag sal daar 'n paneelbespreking wees vir belangstellendes wat sekere aspekte in die lesings verder wil uitklaar.
Johan sal ook toeligting gee oor navorsing wat gedoen is oor die uitgroei van speenkalwers op besproeide raaigrasweidings.
Toegang is gratis en registrasie begin 08:30.
Bel Manie Grobler by 079 699 1159 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'