SPITSKOP deur Clement F. Madeley

Clement F. Madeley het die volgende gedig neergepen terwyl hy gehospitaliseer was in die ou George Mediclinic.

SPITSKOP

Hier vanwaar ek sit, J-saal, bed 29;
Sien ek jou, Spitskop.
Jy, die hoogste piek van die Outeniquaberg.
Kolossaal troon jy uit bo die Plooibergreeks.
En wanneer die laat middagson
so effe warmer skyn;
verskyn jy in volle glorie.
Net om weer deur die wolkies
omring en verskans te word.
Ja, Spitskop, ek doop jou somaar so..
Staan vas.
Ek kyk oor die mooiste mooi.
George, Suid-Kaap, Klein-Karoo;
Met jou lowergroen gras, bome,
struike en asemrowende blomme.
Ek verdrink myself in jou PRAG...