Rommel hoop op: Pleidooi vir ingryping in Andersonville

Ontevrede inwoner, Andersonville:

Ek wil graag die aandag vestig op 'n toenemende probleem van onwettige vullisstorting in Protea-straat, Andersonville, langs die Green Haven-winkel.

Hierdie storting vind feitlik daagliks plaas, meestal in die aande. Verskillende persone is betrokke, en daar word gereeld sakke met vullis daar afgelaai. Gister is daar selfs rommel met 'n sleepwa deur 'n groep jongmense afgelaai - dit het gelyk na bourommel van 'n struktuur wat afgebreek is.

Alhoewel daar sekere dae pogings aangewend word om papiere rondom die area op te tel, bly die probleem voortduur en vererger dit. Ek het reeds 'n e-pos aan die munisipaliteit gestuur, maar tot dusver is daar geen blywende oplossing nie.

Ek woon regoor die terrein en moet daagliks teen hierdie gemors vaskyk. Dit is nie net 'n oogseer nie, maar ook 'n gesondheidsrisiko vir inwoners.

Miskien kan die plasing van 'n skip (vullishouer) help om die situasie te verbeter en mense aan te moedig om hul afval op 'n meer verantwoordelike wyse weg te gooi.

Ek doen 'n beroep op die owerhede om dringend aandag aan hierdie probleem te gee.

Municipal spokesperson Chantèl Edwards:

George Municipality will arrange the cleaning of the erf and a skip will be placed on site. The complainant is requested to report illegal dumping telephonically as it is happening to 044 801 6350 or [email protected] or 044 801 6300 (a/h). 

Report dumped waste for collection to 044 802 2900 or 044 801 6300 (a/h).