Anél Meyer van George skryf:
Ek wil graag aandag vestig op die swak dienslewering wat talle inwoners van George by die lisensie-afdeling van die George-verkeersdepartement ervaar.
My onlangse ervaring met my gr. 11-seun het my laat besef dat die huidige stelsel nie voldoende voorsiening maak vir skoolgaande leerders en werkende ouers nie.
Nog meer kommerwekkend is die algemene indruk van 'n diens wat dikwels ontoeganklik, ondoeltreffend en onvriendelik voorkom.
Leerders wat vir leerling- en bestuurslisensies aansoek doen, bevind hulself reeds in belangrike akademiese jare. Tog vereis die bestaande proses dikwels verskeie besoeke aan die lisensiekantoor vir oogtoetse, betalings, afsprake en toetse.
Dit beteken dat leerders herhaaldelik uit die klaskamer gehaal moet word, terwyl die ouers verlof van die werk moet neem om eenvoudige administratiewe prosesse af te handel.
Gedurende ons eie ervaring het ons te make gehad met lang wagtye, beperkte beskikbaarheid van vorms, telefone wat selde beantwoord word en personeel wat onvriendelik, onhulpvaardig en bloot ongeskik was. Dit skep die indruk dat kliëntediens nie die prioriteit is wat dit behoort te wees nie.
Selfs wanneer ouers die aanbeveling volg om gedurende skoolvakansies aansoek te doen, kan wagtye steeds maande lank wees. Die gevolg is dat leerders uiteindelik gedurende die skoolkwartaal uit die skool gehaal moet word om die proses af te handel.
Daarby is die kantoor se bedryfsure, Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 15:00, vir baie werkende inwoners eenvoudig nie prakties nie. Ondanks die feit dat ons reeds om 14:15 op 'n Vrydag opgedaag het, dus voor die amptelike sluitingstyd, is ons aanvanklik toegang geweier omdat geen verdere aansoekers glo ingeneem sou word nie.
Dit is moeilik om te verstaan hoe die publiek van 'n diens gebruik moet maak indien aansoekers reeds voor die amptelike sluitingstyd weggewys word. Die lisensiekantoor bestaan om 'n diens aan die publiek te lewer. Wanneer daardie diens gedurende beperkte werksure beskikbaar is, sonder enige verlengde ure of beperkte Saterdagdienste, word dit vir baie inwoners uiters moeilik om van die diens gebruik te maak.
Die probleem is groter as 'n enkele onaangename ervaring. Dit gaan oor die manier waarop openbare dienste gelewer word aan die gemeenskap wat daarvoor betaal en daarop staatmaak.
Ek het reeds 'n formele klag by die George-munisipaliteit ingedien, en ek hoop dat hy ondersoek sal instel na maniere om wagtye te verminder, kliëntediens te verbeter, telefoniese navrae beter te hanteer en die proses meer toeganklik te maak.
George is 'n groeiende stad en sy inwoners verdien openbare dienste wat doeltreffend, professioneel en op die behoeftes van die gemeenskap gerig is.
Ismael Patel, George Municipality's senior manager of public safety, responds:
George Municipality acknowledges the concerns raised by the resident regarding services at the Driving Licence Testing Centre (DLTC) and appreciates the feedback received.
The municipality is aware that longer-than-desired transaction times and extended waiting periods have at times been experienced by members of the public. A significant contributing factor is the ageing infrastructure and legacy technology platforms currently utilised within the licensing environment.
These systems often result in slower processing times and can impact overall service efficiency.
To address these challenges, the municipality has been actively engaging with the Western Cape Department of Mobility and the Road Traffic Management Corporation (RTMC) regarding infrastructure replacement and system upgrades.
These interventions form part of an ongoing process to modernise the licensing environment and improve the speed and reliability of transactions.
The planned upgrades are expected to significantly enhance system performance, reduce transaction turnaround times and improve the overall customer experience. George Municipality remains committed to providing a professional, accessible and customer-focused service to all residents and visitors.
While some aspects of the licensing process are regulated through national systems and processes, the municipality continues to work closely with the relevant provincial and national authorities to identify opportunities for improvement and to ensure that service delivery keeps pace with the growth and needs of the community.
The concerns raised will be considered as part of our ongoing efforts to improve service delivery, customer care and operational efficiency at the DLTC.