Baie dankie aan die siviele span

Dankbare inwoner van Pacaltsdorp:

Ek wil graag my opregte dank uitspreek teenoor die span van George-munisipaliteit se siviele afdeling wat gehelp het om die boomstompe en takke voor ons huis in Pacaltsdorp te verwyder.

Die groot boom buite die erf van ons bure oorkant die pad is ontwortel tydens die stormagtige weer en verwoestende winde wat George en die res van die Suid-Kaap Maandag 11 Mei getref het. 

Die opruiming van die groot hoeveelheid takke en boomreste was geen geringe taak nie en talle spanne van die munisipaliteit is al vir weke besig met opruimingswerk.

'n Spesiale woord van dank aan Aubrey Britz en sy span vir julle vinnige reaksie, harde werk en vriendelike diens. Julle bereidwilligheid om te help op 22 Mei word opreg waardeer. Julle doen uitstekende werk en maak 'n groot verskil in ons gemeenskap.

Baie dankie.