Tuesday 13:35
broken clouds
Tomorrow:
broken clouds 21°
George
Migals Peaceful Safe House het Saterdag 8 November heerlik partytjie gehou ter wille van Nasionale Kinderdag, wat vanjaar amptelik op 1 November plaasgevind het. Die feit dat dit 'n week later is het glad nie die lot se pret gedemp nie!Die kinders en komitee het dié dag in feestelike styl by Glory Land-gemeenskapsentrum in New Dawn Park gevier. ’n Heerlike dag vol speletjies en pret is aangebied, terwyl sowat 50 kinders van etes en geskenkpakkies voorsien is. Tien ouers met babas het ook ondersteuning ontvang. Voorsitter Mareliza Fortuin het haar opregte dank uitgespreek teenoor almal wat die dag moontlik gemaak het - onder andere John van Solie’s Tavern, verskeie spaza-winkels, Broer Dirk, Rasta en ander plaaslike borge. Spesiale dank gaan ook aan die Drug Support Group, Pastor Meyer, en Omgee Rehab wat die kinders van Weet-Bix voorsien het. "Ons kinders het die dag verskriklik baie geniet," sê Fortuin. "Baie dankie aan my span - Yolanda, Rosina, Suzaan, Zenobia en Wendy - vir julle harde werk en toewyding. Ons het groot planne vir volgende jaar en hoop om nog meer kinders se harte bly te maak." Migals Peaceful Safe House voorsien weekliks maaltye aan kinders in die gemeenskap. Enigiemand wat wil borg of betrokke raak, kan Mareliza Fortuin kontak by 061 983 4459.
George Herald proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a George Herald