GEORGE NEWS - Die Suid-Kaap Kinderkoor het die gange van die Eden Meander Lifestyle Centre met hul pragtige kinderstemme tydens 'n oefensessie verlede Saterdag, 24 Mei, gevul.
Die koor is tans besig om hard te oefen vir hul oorsese toer volgende jaar (31 April - 10 Mei) na België, Duitsland en Nederland.
Hul dirigent, Jan-Erik Swart, nooi ander jeugdiges uit vir 'n oudisie vir hul splinternuwe jeugkoor vir jongmense tussen die ouderdomme van 17 en 25.
"Ons was amper heeltemal tot niet met die pandemie 'n paar jaar gelede, maar ons is nou voluit op dreef," het Swart gesê.
Vir die oudisies luister Swart vir potensiaal om te ontwikkel.
Beide kore gaan aan 'n Europese musiekfees deelneem tydens hul kuier in die buiteland.
Vir meer inligting stuur 'n e-pos na southcapemusic@gmail.com of stuur 'n WhatsApp na 084 645 9320.
Koordirigent Jan-Erik Swart (regs) nooi ander jeugdiges uit vir 'n oudisie vir hul splinternuwe jeugkoor vir jongmense tussen die ouderdomme van 17 en 25.
Vir meer inligting stuur ’n e-pos na southcapemusic@gmail.com of stuur 'n WhatsApp na 084 645 9320. Foto's: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’