VERMAAK NUUS - Die Tuiniqua-versorgingsentrum hou op Saterdag 25 Oktober sy jaarlikse basaar en dit beloof om ’n heerlike dag van kuier, kos en gemeenskapsgees te wees.
Die publiek word hartlik uitgenooi om saam te kom en die sentrum op hierdie prettige manier te ondersteun.
Daar wag geurige kosse, lekkernye, handgemaakte items, asook ’n groente- en vrugtetafel met vele verrassings. Die hele gesin is welkom.
Dit begin om 09:00 by die sentrum te Kerkstraat 13.
Toegang is gratis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’