Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar was groot makietie by die Bush Lapa, net buite Heroldsbaai, toe die immergroen Theuns Jordaan met sy rasperstem, Vrydagaand 6 Oktober daar opgetree het.
Die sowat 500 gaste het lekker gedans en saamgesing op die oubekende liedjies.
Die aand is afgeskop deur vooroptredes van die talentvolle Prism Shore, Elizabeth van der Bijl en Jacques du Plessis.
Daar was ook gelukstrekkings vir die gaste. Die Bush Lapa vier vanjaar hul 10de verjaarsdag en wil dit iets besonders maak.
Georgiete kan hulle gereed maak vir Steve Hofmeyr wat kom sing op 19 en 20 Oktober.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'