Almal het Steve se tergery oor hulle kwansuis 'Blou Bul-aanhangers' is en vertellings dat sy seun Arnold Hofmeyer besig is om 'n goeie sanger in eie reg te raak geniet.
In 'n volgepakte markiestent (vanjaar winddig) was daar nie plek vir dans nie, maar toe Steve sy immergewilde Pampoen-liedjie gesing het, het feesgangers opgespring en armswaaiend saamgesing.
Die openingsaand word getrou bygewoon deur oudskoolhoofde, onnies, die hardwerkende Kaasfeeskomitee, die burgemeester (en sy gade) wat die geleentheid geopen het, en vele andere wat jaar-na-jaar gemoedelik hul mandjies pak om die Outeniqua Laerskool se fondsinsameling te ondersteun.
Die mite dat Georgiete nie weet hoe om feestelik te raak nie is reeds jare gelede nek omgedraai.
Een aanhanger het nie op haar laat wag toe dit kom by vrae-tyd en afgehaak deur te vra oor sy liefde vir Janine van der Vyver. (In 'n gewilde tydskrif is daar vertel dat die liefdespad van die sanger ver van ’n feëverhaal is en dat sy jare lank immers sy skelmpie was). Steve het ewe gevat aangekondig dat hy jaarliks sy liefde aan haar verklaar, en dat hulle gaan trou. Dit het 'n groot 'aaah-sug' uitgelok van diegene wat romanties van aard is.

Jaco Steynberg, Aretha Botha, Yolandai van der Westhuizen en Johan van der Westhuizen by die Vodacom George Kaasfees se openingsaand.

In ontspanne luim by die gala-aand van die Vodacom George Kaasfees van links: Magda Meyer, Celeste Eades, Anneliese Pretorius en Bonnita Milton (hooforganiseerder Vodacom George Kaasfees). Foto's: Pauline Lourens
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'