Heelwat van sy eie skilderye en die van kunstenaars wat hy bewonder verleen styl en kleur aan sy huis waar sy vrou Shaloo, 'n plaaslike onderwyseres, 'n stylvolle dog huislike atmosfeer skep. 'n Speelkamer dien tans as sy uitstalarea en sy kuierstoep langs sy ateljee getuig van saamkuiertjies om die braaivuur.