GEORGE VERMAAKNUUS - Die Outeniqua Kersmark by die NG Moederkerksaal is tans aan tot Saterdag 21 Desember.
Dit is daagliks oop van 09:00 tot 18:00. Daar is hope geskenke, 'n teetuin, oudhede, oulike Kersgeskenke en baie meer.
Vrydagaand van 18:00 tot 20:00 is dit tyd vir die Maanligmark. Sjerrie word in die portaal bedien vanaf 18:00.
Heerlike kerrie-en-rys, basaarpoeding en hope pannekoek sal te koop wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'