GEORGE NUUS - Die meesterorrelis Daniël Nel, gee op Sondag 17 Oktober 'n uitvoering in die NG Moederkerk, George.
Die program van onder andere orrelgebede bestaan uit werke van Nicolaus Bruhns, Olivier Messiaen, Johannes Brahms, J S Bach, Sigfrid Karg-Elert, Jacobus Kloppers en Gerrit Jordaan.
Daniël Nel is in 1969 in Bloemfontein gebore. Sy musiekkwalifikasies sluit in 'n BMus (Hons) in kerkmusiek (cum laude) by die Universiteit van die Vrystaat, 'n nagraadse diploma in orrel van die Royal Northern College of Music - waar hy die Meadowcroft-prys vir orrel gewen het - en voordraerslisensiate in orrel van Unisa en die Royal Schools of Music.
Sy orrelopleiding sluit in Gordon Stewart, Leonore Kloppers, Erns Conradie en Wim Viljoen.
Hy het aanvanklik as tandarts gekwalifiseer en jare lank in 'n privaat praktyk in Johannesburg gepraktiseer.
Hy woon tans op Madeira Eiland, Portugal, waar hy aktief is in plaaslike toerisme en die musiekwêreld.
Die konsert begin om 15:30. Toegang is gratis, maar donasies is welkom. Maskers is verpligtend.
Program
1. Nicolaus Bruhns: Praeludium in G
2. Olivier Messiaen: Apparition de l'eglise eternelle
3. Johannes Brahms: Prelude and Fugue in g minor
4. J S Bach: Ach bleib bei uns - no 5 from the Schübler Chorales
5. Jacobus Kloppers: Organ Partita In Dulci Jubilo
6. Gerrit Jordaan: Veni creator - litanies
7. Sigfrid Karg-Elert: Ein feste Burg (op 65/47)
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'