GEORGE NUUS - Luna Paige se splinternuwe vertoning Oceanic Heart is oppad na die Tuinroete.
Met optredes by Twin Trees Restaurant in Groot Brakrivier op Donderdag 27 Februarie, die George Arts Theatre (Sondag 2 Maart), en 'n intieme konsert by die Cornerstone Creek Kapel, Rambling Rose, in Hoekwil (Woensdag 5 Maart) kan aanhangers uitsien na drie vertonings in die omgewing.
"Ek het baie lanklaas in hierdie omgewing getoer. Tog het ek die mooiste herinneringe van my tye in hierdie beeldskone distrik,” sê Luna.
“Ek sien vreeslik uit om weer hier te sing, met die locals te gesels en bande te smee."
In Oceanic Heart bring die talentvolle sanger-liedjieskrywer en storieverteller musiekliefhebbers 'n versameling liedjies wat die omvattende aard van liefde vier.
Gehoorlede word dikwels beïndruk deur haar vermoë om haarself op akoestiese kitaar en klawerbord te begelei. Foto: Hannie du Plessis
Luna sing oor romantiese liefde, liefde tussen vriende en familie, en die diep verbintenis tussen mense en hul diere. Sy sing oor liefde vir die natuur, reis, en die belangrikste – self-liefde.
Benewens die uitvoering van haar oorspronklike materiaal, het Luna Paige liedjies gekies deur liedjieskrywers wat geskryf het oor hul eie families, viervoetige vriende, hul liefde vir musiek en die langpad.
Luna sal haar eie weergawe van hierdie gewilde liedjies tydens die vertoning uitvoer.
Sy sluit bekende en minder-bekende liedjies deur gewilde kunstenaars soos Dolly Parton, Norah Jones, Nick Cave, Neil Young, Janis Joplin, en meer in.
Vir meer oor Luna Paige, besoek haar webwerf by www.lunapaige.com
Besprekings
Donderdag, 27 Februarie
Twin Trees, Groot Brakriver
Deure oop: 17:00
Vertoning begin: 19:00
Kaartjies: R150 via Open Tickets.
Kontak die restaurant by 082 820 1925
Sondag, 2 Maart
George Arts Theatre
Deure oop: 14:00
Vertoning begin: 15:00
Kaartjies by die deur: R165
Aanlynkaartjies via Quicket: R150
Pensioenarisse (aanlyn + by die deur): R120
Navrae: 064 881 8392
Woensdag, 5 Maart
Cornerstone Creek Chapel @ Rambling Rose Hoekwil
Adres: Hoek van Duiwerivier & Hoekwil Straat, Hoekwil
Deure oop: 17:00
Etes kan bestel word by Rosie voor die vertoning. Neem kennis die vertoning vind nie in die restaurant plaas nie, maar by die Kapel. Kom vroeg om te bestel en aandete te geniet.
Vertoning begin: 19:00 by die Kapel. Sitplekke word verskaf.
Kaartjies via Quicket: R250 (sluit ‘n verwelkomingsdrankie in)
Kinders (12-17 jaar oud): R100
Navrae: Nadine by 076 586 9305.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’