Gallery
GEORGE NUUS - 'n Kersmark en teetuin word op Saterdag 10 Desember by JJ Watson tehuis vir bejaardes aangebied.
Die geleentheid word georganiseer deur Solidariteit Helpende Hand se George-tak en dien as fondsinsameling vir JJ Watson.
Die mark open om 09:00 met vermaak deur leerders van Tasha's Vocal Academy en 'n optrede later die oggend deur Michael Lindt.
Daar is pret vir die jongklomp met 'n koekversieringskompetisie waarvoor kinders vooraf moet inskryf.
Bespreek jou stalletjie nou of skryf jou kind in vir die koekversiering by Ursula Stassen 065 805 7044.
FOTOGALERY: Handgemaakte produkte te koop by JJ Watson Kersmark
Solidariteit Helpende Hand se George-tak hou 'n Kersmark vir JJ Watson tehuis vir bejaardes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'