GEORGE NUUS - Mense wat op Woensdag 29 Mei gaan stem, word genooi om die geleentheid sommer by JJ Watson Tehuis vir Bejaardes te vier. Die tehuis het besluit om hulle maandelikse verkoping op stemdag te hou.
Kom smul aan kerriemaalvleisjaffels (R25), kaaskoek, pannekoek en kolwyntjies (cup cakes) en geniet 'n koppie koffie of tee in die teetuin.
Die verkoping duur van 08:00 tot 12:00.
Daar sal ook soos gewoonlik winskopies in die Blikkies Mall wees. Daar is 'n groot verskeidenheid mans- en vroueklere, glase, ornamente en ietsie van alles.
Tweedehandse boeke sal te koop wees teen R10 vir twee.
Huis JJ Watson is geleë op die hoek van Cradock- en Fitchatstraat, regoor die NG Kerk George-Suid en JJ Watson-slaghuis.
Die maandelikse verkoping is 'n fondsinsamelingsprojek wat deur vrywilligers aangebied word om broodnodige fondse vir die tehuis in te samel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’