GEORGE VERMAAKNUUS - Goeie nuus vir musiekliefhebbers van George en omgewing: die herfsreeks etensuurkonserte wat die afgelope paar jaar 'n instelling geword het, begin weer op Woensdag 18 Maart.
Die konserte word op Woensdae gehou en duur vanaf 13:10 tot ongeveer 13:50. Hoewel dit gratis is, word donasies baie waardeer om onkoste te help dek.
Die volgende konserte word beplan:
- 18 Maart: Afrikaanse liedere van Dalene Brits met Elisabeth Potgieter, Heinrich Jonck, Buks Gericke, Mia Dupper en Dalene Brits.
- 25 Maart: Calvin Steyn en Dalene Brits (o.a. Brahms vioolsonate)
- 1 April: Rian Smit en Kalene Roux (fluit en klavier)
- 8 April: Laerskool George-Suid-koor onder leiding van Calvin Steyn, met instrumente
- 15 April: Gerrit Jordaan (orrelmusiek uit die Romantiek van Widor, Franck en Dubois)
- 22 April: Elize Munro en Dalene Brits (o.a. Brahms Klarinetsonate)
- 28 April: Galakonsert
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'