GEORGE NUUS - Die bekende Odeion-strykkwartet van Bloemfontein tree Goeie Vrydag, 15 April, om 09:00 tydens die nagmaaldiens in die NG Moederkerk, George, op. Almal is welkom.
Haydn se besonderse Sewe Laaste Woorde van Christus aan die Kruis word in sy geheel uitgevoer met Skriflesing en oordenking.
Die kwartet tree die vorige aand in Mosselbaai saam met die pianis Charl du Plessis op.
Die Odeion-strykkwartet is, van links: Anmari van der Westhuizen (tjello), Jeanne-Louise Moolman (altviool), Sharon de Kock (viool) en Samson Diamond (viool).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'