Hulle is op 15 April by die Kalahari Teater wanneer George vir die eerste keer getref gaan word deur 'n komedie-warrelwind in die vorm van Hannes Brümmer, Melt Sieberhagen in hulle tweeman skerpskerts-komedieproduksie, Die Flying Dutchmen.
Albei is gereelde gesigte op die kassie en hulle is ook die voorlopers van ‘n nuwe gene-rasie komediante wat besig is om naam vir hulself te maak.
Hulle is vars, oorspronklik, spitsvondig en bowenal skreeusnaaks. Geen heilige koeie of publieke figure word gespaar as dié twee eers 'n mikrofoon in die hand, 'n verhoog onder hulle voete en 'n gehoor in hulle visier het nie. In Afrikaans is skerpskertsery nog in sy babaskoene en hierdie twee is al lankal te groot daarvoor.
Gaan geniet 'n bietjie eg Suid-Afrikaanse, eerlike humor en vergeet vir 'n oomblik van die feit dat jy dit nie hierdie jaar kan bekostig om te emigreer nie.
Dit is nie noodwendig vir sensitiewe ore nie.
As dit by Afrikaanse skerpskerts- en improvisa-siekomedie kom, is Melt Sieberhagen (Proesstraat, Villa Rosa) en Hannes Brümmer (Kompleks, Amalia) as Die Flying Dutchmen knope voor die kompetisie, as die voorste eksponente van ‘n nuwe generasie Afrikaanse komediante. Gehore van dwarsoor die land het al gelê soos hulle lag.
Gaan oefen die lagspiere en leen jou ore uit vir hierdie twee se stuitighede op Vrydag, 15 April by die Kalahari Teater. Kaartjies teen R80 is beskikbaar by Computicket of by die teater 044 874 5000.
Hannes Brümmer, die een helfte van die Flying Dutchmen, laat gehore skater.