VERMAAK NUUS - Op Woensdag 8 Oktober kan musiekliefhebbers om 13:10 in die NG Moederkerk George luister na die tweede konsert in die lentereeks van etensuurkonserte wat op 2 Oktober afgeskop het.
Die Kamermusiek-ensemble van vier instrumentaliste wat gaan optree, bestaan uit Kaléne Roux (fluit), Carin Smith (klarinet), Marie Jean Kotze (viool) en Dalene Brits (klavier).
Die werke wat aangebied word, is gekies vir hierdie kombinasie van instrumente en sluit in: komposisies van die Franse vroulike komponis Mélanie Bonis (1858 - 1937) en die Amerikaanse Moderne komponis Sean Salamon (geb. 1992).
'n Vrolikheidjie word tot die program toegevoeg met 'n komposisie van die Fransman Louis Mayeur (1837- 1896), en Dalene Brits se pragtige verwerkings van 'n paar Schubert-liedere en Lieder ohne Worte van Mendelssohn verskaf nuwe klankkleure vir die gehoor om te geniet.
Geen toegang word gevra nie. Donasies is welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’