GEORGE NUUS - Dit is weer tyd vir Emmaüs se jaarlikse Kersmark op Saterdag 30 November by Emmaüs Sentrum Vir Volwasse Gestremdes in Memoriumstraat vanaf 08:00 tot 13:00.
Soos gewoonlik gaan daar baie heerlike eetgoed wees, onder andere kerrieafval, 'n baie interessante witolifanttafel asook tweedehandse klere en boeke. Die hout- en handwerk is egter die groot aantrekkingskrag van die mark.
In die teetuin sal heerlike filterkoffie, kaaskoek en 'n verskeidenheid ander lekkernye verkoop word.
Pannekoek, poeding, en nog vele meer maak alles deel uit van die dag. Aangesien parkering altyd 'n probleem is, is daar vanjaar ekstra, veilige parkering agter die lisensiekantore gereël.
Die publiek kan die borde volg na die lisensiekantore, en dan deurstap na Emmaüs se perseel. Daar sal sekerheidswagte wees om te verseker dat die parkering veilig is.
Van die items wat by vanjaar se Emmaüs se Kersmark verkoop gaan word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'