GEORGE NUUS - Die gewilde jaarlikse Emmaüs-kermis vind op Saterdag 6 Desember van 08:00 tot 13:00 by hul perseel by Memoriamstraat 6 plaas.
Tuinliefhebbers sal kan rondsnuffel tussen 'n verskeidenheid plante, terwyl diegene wat op soek is na unieke items beslis iets besonders by die handwerk- en houtwerkstalletjies sal vind.
Die kermis bied iets vir almal met 'n wye reeks produkte en lekkernye. Besoekers kan uitsien na ontbyt, 'n teetuin, houtwerk, handwerk, gebak, vleis- en groentetafels, asook tweedehandse klere en boeke.
Vir die honger maag is daar knypkoeke, pannekoek, skyfies, boereworsrolletjies en kerrie-en-rys.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om saam te kom kuier en die verskeidenheid stalletjies en aktiwiteite te geniet.
Die Emmaüs-kermis is 'n jaarlikse hoogtepunt op George se kalender en is 'n belangrike fondsinsamelingsgeleentheid vir die organisasie se gemeenskapswerk.
Navrae: 044 873 4196 of info@emmausgeorge.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’