TUINROETE NUUS - 'n Sunset soirée met digter Hannes Visser en musikant Petronel Baard word op Saterdag, 2 November, aangebied.
Baard van Mosselbaai, 'n klassiek opgeleide musikant en sanger-liedjieskrywer, het die Orde van die Ster-toekenning vir 2024 ontvang.
Kaartjies is R80 per persoon en die opvoering begin om 18:00.
Dit word gehou by Salty River Beerhouse op Klein-Brakrivier.
Asemhaal
Die vertoning, Asemhaal, word as 'n lewensreis beskryf.
Heerlike pizza, craft gins en bier is te koop.
Bespreek by Chris (082 713 5082).
Hannes Visser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’