Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Stephen de Klerk (20) van Pacaltsdorp is Sondagaand aangewys as die wenner van Karaoke Idol 2017 wat in Club Rush in Pacaltsdorp aangebied is.
De Klerk, 'n finansiële adviseur by 'n plaaslike begrafnisondernemer, se liedjies,
Who was the boss en Last Dance, het die gehoor op hul voete gehad. Geraldo Lewis het tweede geëindig met Jay-dee April Swartz in die derde plek.
Al drie het weggestap met kontantpryse en geskenkbewyse.
Volgens die organiseerders, Reginald Harmse en Roland Treurnicht, beoog hulle om hierdie kompetisie 'n jaarlikse instelling te maak.
"Die afgelope ses maande het sowat 65 deelnemers aan die oudisies deelgeneem waarna slegs 10 deurgedring het na Sondagaand se eindstryd. Ons wil plaaslike sangers die platform gee om hul talente ten toon te stel. Die aand was baie suksesvol en ons wil die kompetisie groter aanbied in 2018."
Die ander deelnemers was Alricia Philander, Darryl van der Heever, Lefeber Treurnicht, Franklin Jantjies, Desiree Fortuin en Amber Dennis.
Kyk 'n video onder:
Stephen de Klerk (regs) met Geraldo Lewis (middel) en Jay-dee April Swarts.
Die beoordeelaars vir die aand was John Claasen, Shaleen Harmse en Melissa Treurnicht. Agter staan Roland Treurnicht.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'