SUID-KAAP NUUS - Mezzosopraan Jolene McCleland, was 'n briljante Carmen ten tye van Saterdag se Klein Karoo Klassique-fees Carmen in die Kleine en veral die inleidende aria Habanera was indrukwekkend.
Sowel die pianis José Dias, tenoor Chris Mostert, bariton Niël Rademan (gebore in Riversdale), bariton Raimondo van Staden, Linette van der Merwe (mezzosopraan) en Lauren Dasappa (sopraan) was uitstekend. Die gehoor was ademloos meegevoer veral met die Chanson Bohémiene wat ongetwyfeld die hoogtepunt van die genotvolle opvoering was.
Die Seguidille duo tussen Carmen en Don José was pragtig. Vanuit ons balkonsitplekke kon ons helaas nie die verduideliking van die tonele mooi hoor nie. Die Oudtshoorn NG Moederkerk se akoestiek is goed, maar die klein verhoog laat nie veel projeksie moontlik nie en dus was dramatiese bewegings taamlik beperk.
Chris Mostert het darem genoeg beweegruimte gehad om Don José se dramatiese doodsteek toe te dien en Jolene McCleland het geruisloos ineengesak net soos dit hoort.
Vir diegene wat van ander dorpe gekom het om dit by te woon was dit gewis die moeite werd.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'