Karate sensei gevonnis

Karate sensei, Wessel Wilms. Foto: Verskaf.

GEORGE NUUSFLITS - Die plaaslike karate sensei Wessel Wilms (40), is vandag (Woensdag 19 April) in die George-streekhof ’n opgeskorte tronkstraf opgelê en vir 24 maande onder korrektiewe toesig, wat huisarres en gemeenskapsdiens insluit, geplaas.
 
Streeklanddros Marius Fourie het tydens vonnisoplegging aan Wilms gesê sy optrede was nie die van 'n grootmens nie, ook nie 'n sensei nie. Die hof het gelas dat Wilms se naam in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem word. Fourie het ook aan Wilms verduidelik dat hy voortaan nie met kinders mag werk nie.
 
Fourie het in sy uitspraak verwys na die omstandighede waaronder die video’s gemaak is en het daarop gewys dat dit nie net werklike seksuele uitbuiting is wat vereis word nie, maar dat dit genoegsaam sou wees in terme van die betrokke wetgewing as die beeldmateriaal slegs vatbaar was vir seksuele uitbuiting.

Die hof het bevind dat onder die omstandighede, die betrokke video’s wel op ‘n onbehoorlike wyse gemaak is en dat dit, op die beste vir Wilms, wel vatbaar was vir seksuele uitbuiting.
 
Klik hier vir vorige artikels:
Lees meer in môre se George Herald, asook aanlyn. 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald