Verskeie gassprekers het by die geleentheid opgetree. Die hoofspreker, polisiegebiedsbevelvoerder vir Eden, maj.-genl. Oswald Reddy, het gesê die projek is in lyn met die SAPD se slagofferbemagtigingsprogram.
Hy het die hoop uitgespreek dat die lekeberaders wat onder die sambreel van Grace and Royal Ministry opgelei word, ook beskikbaar sal wees om slagoffers van geweld by die polisie se slagofferberadingskamers by te staan.
