Die ongeluk het Woensdagoggend omstreeks 10:20 in Knysnaweg plaasgevind. Die vragmotor het in die rigting na George gery en die Honda, wat in die rigting na Wilderness, gery het, wou regs indraai na die Mall.
Die oorledene (73), McArthur Edwin Brooks, 'n passasier in die motor, was met paramedici se aankoms op die toneel reeds dood. Sy vrou, Maria, was in die wrak vasgekeer. Reddingswerkers van Metro-nooddienste moes meganiese kake gebruik om haar uit die wrak te bevry.
Sy is in 'n kritieke toestand deur Eden 911 na die Mediclinic George geneem.
Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen.
Kapt. Khunjulwa Sam van die Conville-polisie het bevestig dat hulle 'n saak van strafbare manslag ondersoek.
Meer inligting volg soos dit bekend word.