Update
GEORGE NUUS - Die polisie het vanmiddag bevestig dat geen ontvoering gister in Pacaltsdorp plaasgevind het nie.
'n Sogenaamde ooggetuie, 'n jong skoolkind, het vandag nadat die polisie die persoon weer ondervra het, erken dat sy 'die storie opgemaak het'.
Kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het ook weer beklemtoom dat hulle met die nagaan van beeldmateriaal, geen bewyse kom kry om die bewering te staaf nie.
Hy het gevra dat die publiek hulle daarvan moet weerhou om die tipe gerugte te versprei en onnodige paniek te saai.
"Baie hulpbronne wat elders by werklike situasie gebruik kon word, sou dit nodig wees, word gemors op die ongegronde stories.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'